Resepte Groep C
Hierdie resepte is wat ontvang is van navrae van lesers
van ons gereelde geselsbrief - Begin jou dag 'n slag met 'n lag.
[deur Emily Kruger saamgestel]
Om in te skryf om die geselsbrief gereeld te ontvang,
stuur net jou E-pos adres aan D@nie.co.za.
Gaan na Resepte Index
INHOUDSOPGAWE
Kliek eenkeer op die naam van die resep en die
resep sal verskyn:
Aartappel-Kaaskoekies
| Aartappelsuurdeeg | Afrika's Koekiis | Anderse
Pap-en-Wors | Appelliefie Tert | Appeltert I | Appeltert
II | Asbrood | Beesstert Broodjie
| Beestong met Mosterdsous | Bief-en-Varkwors Kasserol
| Bierbroodjie | Blitsige Kerriekos
| Blitsige Maalvleis-en-Bone Kerrie | Blitsvinnige Vrugtekoek
| Bobotie in die Mikrogolf | Boeliebief skywe | Boere
Soetkoekies | Boontjiesop met Spekblokkies | Botter
Laagkoek | Braaivleis Broodjie | Bruin
Poeding | Bruintjies | Butternut Sop | Cremora
Tert | Dadelbrood | Dadelkluitjies van Ouma Tillie
| Deeg Skelmpies | Die Allerlekkerste Rosynebrood
| Dik Groentesop | Doodeet Worsgereg |
Doodvreet-Lepelskons
| Ertjiesop | Feespap | Frikkadelle | Gemmerkoekies
| Gemmerkoekies van Minette | Gesmoorde Beesstert
| Gesondheids Beskuit | Geurige Oondgebakte Hoender en
Rys | Groenboontjie Bredie | Growwemeelbeskuit |
Heerlike
Witbrood | Hertzoggies | Hoenderlewer met Byt
| Ingelegde Vis | Jan Smuts-koekies |
Kaapse
Kerrie | Kaas - En - Uiebrood | Kaaskoek | Kaaskoekies
| Kaasstrooitjies | Kaiingbrood | Kampkerriekos
| Kaneelbolletjies | Karringmelk Sjokoladekoek
| Karringmelkbeskuit | Kerrie Botterpampoen Sop
| Kerriesouttert | Klapperkoekies | Kluitjiesop
| Knoffelring | Koffiekoekies | Kondensmelkkoekies I
| Kondensmelkkoekies II | Konfyttertjies | Korentekoekies
| Korslose Kaastert | Krummelpap Verrassing
| Lekker Soetkoekies | Lensiesop | Lewer
Bobotie met Appel | Lewer en perske-broodjie | Lewer
in Netvet (Skilpad) | Lewerkoekies | Melksnysels
| Mieliebrood | Mokka-Sjokolade-Splinter-Soufflé | Mosbolletjiebrood
| Naweekkoekies | Neutebrood | Ouderwetse
Lampastei | Outydse Bonesop | Pannekoek | Paul
Krugerkoek | Raap-en-Skraap | Roosterkoek | Rugby
Tert | Ryspap | Sardyne met Geelrys
| Semel Piesangbrood | Skuinskoek | Sosatie
Marinade | Souserige Beesstert | Souskluitjies
| Speserykoekies | Stywepap en Krummelpap
| Suikermielie Bredie | Suurlemoen Meringue Tert
| Tipsy Tert | Vetkoekies | Vinnige en Maklike Melktert
| Wasgoedbondeltjies | Wildsvleis Bobotie
| Worsgebak | Wortel en Aartappelsop | Yskaskoekies
| Ystervarkies I
3 aartappels, geskil 1 ui 1
eier, geklits
30ml koekmeelblom sout
en peper na smaak
5ml bakpoeier 125ml
gerasperde Cheddarkaas
10ml gekapte pietersielie olie
om in te braai
Rasper die aartappel en ui saam. Roer die eier, koekmeelblom, sout, peper
en bakpoeier by. Roer die kaas en pietersielie by.
Skep lepelsvol van die mengsel in vlak, warm olie en braai dit tot goud
bruin aan albei kante. Dreineer dit op kombuispapier. Bedien dit dadelik.
++++++++++++++++++++++++
1/2 Koekie yeast (moet koekie yeast wees)
Middelslag aartappel, fyn gerasper (belangrik - mooi fyn)
2 Eetlepels Suiker 1
Eetlepel Sout
Sit alles in Consol Bottel (soos vir vrugte inlê)
Maak bottel vol tot by nek met sterk lou water en roer goed
Maak toe met deksel - nie styf nie en laat staan op warm plek. Die aartappels sal boontoe trek na die deksel
toe - dan is dit reg. Skud bottel, hou hand voor en gooi af maar nie als nie -
behou sowat 1/4 van alles terug. Onthou, die eerste keer of twee sal dit nie
behoorlik rys nie - dit vorm nog die suurdeeg basis.
Hierdie proses moet sowat drie keer herhaal word - dan is die suurdeeg reg
vir gebruik.
Moet nie te warm water gebruik nie (net sterk lou) anders maak dit die
suurdeeg dood.
Wie het vir my 'n broodresep (regte egte boerebrood) wat met aartappelsuurdeeg gemaak word? My buite-oond gaan binnekort reg wees dan wil ek begin bak!
++++++++++++++++++++++++
Die resep het verskyn in Di Afrikaanse Koek en Poeding Boek Duer 'n Frystaatse
Dame, Paarlse Drukpers Maats. Beperkt. 1914.
3 lb Flour 1
lb witsuiker
1 lb botter telepel
soda en 2 telepels
kremetart, met melk of water aangemaak
Dit is die hele resep.
Hiermee 'n variasie van Afrika-koekies in die jare 90 (lewer 90 koekies)
120 g koekmeelblom (250 ml) 390
g volkoringmeel (750 ml)
120 9 mieliemeel (250 ml) 200
g sagte bruinsuiker (250 ml)
3 ml gemengde speserye 5
ml Kremetart
250 g botter 3
ml Koeksoda
225 ml melk 250
ml karringmelk
Meng meelblom, volkoringmeel en mieliemeel. Voeg bruinsuiKer, speserye en
kremetart by. Vryf botter daarby in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Los koeksoda op in melk en voeg by meelmengsel. Voeg karringmelk by en meng
tot sagte deeg.
Skep lepelsvol van mengsel op gesmeerde bakplate en bak in voorverhitte
oond by 180 grade C, 15-20 minute lank tot gaar. Verwyder uit oond en laat
afkoel op draadrak.
Variasies
·
Maak holte in rou
koekies en skep bietjie appelkooskonfyt daarin. Bak soos bo.
·
Drup gesmelte sjokolade
oor vir 'n soeter koekie.
++++++++++++++++++++++++
600g boerewors 625ml
water
200ml gerasperde Cheddarkaas 25ml
rissie-en-knoffelsous
250ml mieliemeel sout
en peper na smaak
410g tamatie-en-uiesmoor
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n ronde, middelslag-oondvaste bak met
kleefwerende middel.
Hou die wors in ‘n spiraal en braai dit in ‘n verhitte pan tot bruin en
gaar.
Verwyder en hou eenkant.
Meng die mieliemeel met 125ml water. Verhit die res van die water in ‘n
kastrol en voeg die mieliemeel by wanneer die water kookpunt bereik.
Geur met sout en roer tot kookpunt en tot wanner die pap verdik. Prut tot
gaar. Roer ‘n bietjie kaas by.
Skep die pap ui in die voorbereide bak. Skep die wors, steeds in spiraalvorm,
bo-op.
Verhit die tamatie-en-uiesmoor saam met die rissie-en-knoffelsous. Geur na smaak met sout en peper en prut
ongeveer 5 minute lank.
Skep daarvan oor die wors en strooi die orige kaas oor. Bak 15-20 minute of
tot lekker warm. Dien op saam met die orige sous.
++++++++++++++++++++++++
Kors
1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngedruk 60 ml (1/4 k) botter of margarien, gesmelt
45 ml (3 eetl) kondensmelk
Vulsel
1 blik appelliefies koue
water
80 ml (1/3 k) vlapoeier 45
ml (3 eetl) botter of margarien
250 ml (1 k) kondensmelk
Smeer 'n 23 cm-tertbord met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng die krummels, gesmelte botter of margarien en kondensmelk en druk onder en
teen die kante van die tertbord vas.
Verkoel tot benodig.
Dreineer die appelliefies, maar behou die stroop. Vul die stroop aan tot
500 ml (2 k) met koue water. Maak die vlapoeier met 'n bietjie van die
stroopmengsel aan tot 'n pasta.
Verhit die stroopmengsel tot net onder kookpunt, voeg daarvan by die
vlamengsel, roer goed en giet alles terug in die kastrol. Verhit tot kookpunt
en laat prut tot verdik en gaar.
Verwyder van die hitte en roer die botter of margarien by. Roer die
kondensmelk en appelliefies versigtig by.
Giet in kors en verkoel tot ferm. Geniet met styf geklopte room indien
verkies. Lewer 1 medium tert.
++++++++++++++++++++++++
(Dit is 'n ou resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15
ml) en teelepels (5 ml) gemeet)
1 Koppie Bruismeel 2
eiers
knippie sout 1
blik tertappels (normale grootte)
1 koppie suiker 2
Eetlepels gesmelte botter
¼ koppie melk
Sous
1 klein blik Ideal Milk 1
Teelepel Vanielje Essens
1 koppie suiker
Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam. Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in
suikermengsel. Gooi mengsel in bak en
skep appels oor mengsel.
Bak in oond 180°C vir ¾ uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na
150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)
Metode (Sous)
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die
oond kom.
Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige
vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak
word.
++++++++++++++++++++++++
250 g koekmeel 10
ml bakpoeier
2 ml sout 60
ml margarien
1 eier, geklits 125
ml afgeroomde melk
10 ml Natreen vloeibare dieet versoeter 80
ml water
5 ml vanilla geursel 300
g tertappels
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf
margarien in.
In 'n aparte mengbak, meng die melk, water, eier, versoeter en vanilla
geursel. Voeg by droë bestanddele en meng goed.
Spuit 'n tertbord met "Spray & Cook", en skep mengsel in
bord. Rangskik appelskywe bo-op deeg.
Bak 25 minute teen 200°C. Bedien
warm met dieet roomys of ligte vla.
In die plek van appels, gebruik ook ander vrugte.
++++++++++++++++++++++++
750 ml bruisbroodmeel 25-
ml witbroodmeel
10 ml bakpoeier 2.5
ml sout
500 ml karringmelk
Meng droë bestsnddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (ong 3 cm
dik) op 'n groot stuk aluminiumfoelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte
om te rys.
Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak
ongeveer 45 minute.
++++++++++++++++++++++++
1 pak (500g) bruismeel 1
pakkie beesstertsoppoeier
1 houer (500ml) karringmelk 125ml
gerasperde kaas
knypie rooipeper
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer 'n broodpan (20 x 14 x 7cm).
Meng die bruismeel, soppoeier en karringmelk goed saam.
Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.
Strooi die kaas en peper oor en bak 1 uur lank op die middelste oondrak.
Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.
++++++++++++++++++++++++
1 kg beestong 1
klein ui
1 klein geelwortel vars
seldery of pietersielietakkies
knippie sout 4
peperkorrels
2 heel naeltjies Sous
125 ml suiker 60
ml mosterdpoeier
30 ml koekmeel 250
ml kookwater
250 ml mayonnaise 125
ml witasyn
sap van 1 suurlemoen
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder
die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in
'n oondvaste bak.
Stel oond op 160°C. Vir die sous Meng die droë bestanddele saam en voeg die res
- buiten die broodkrummels - by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor
skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 - 30 minute.
Wenk Die gereg vries maklik en kan
net voor opdiening teen 'n lae hitte ontdooi word. Sit voor met 'n lekker bros
slaai.
++++++++++++++++++++++++
(4-6 Porsies)
600g stowebeesvleis 150g
klein varkworsies
25ml olie 1
ui
3 selderystingels 1
appel
25g meelblom 250ml
biefaftreksel
250ml sider 6-8
naeltjies
3 suurlemoenblare( of vars lourierblare) 12,5ml
gekapte pietersielie
Verwyder vet van vleis en sny in blokkies. Sny worsies in twee.
Verhit olie en braai vleis en worsies bruin. Skil en sny uie in skywe.
Kap seldery, ontkern appel en sny in skywe. Sprinkel meel oor vleis en roer
goed. Giet aftreksel en sider oor en voeg seldery, uie, appel, naeltjies, suurlemoenblare
en smaakmiddels by.
Plaas in kasserol met deksel en bak 1 1/2uur in oond van 180 grade C tot
sag. Garneer met pietersielie.
++++++++++++++++++++++++
500 gram bruismeel 1
X Blikkie Bier van jou smaak
Knippie sout.
Meng die klomp totdat die deeg van jou vingers af is, sit in die broodpan,
laat rys, en bak 40 min op 180 grade.
Die lekker van die resep is dat n mens die deeg kan ooprol en enige iets na
jou smaak oor die hele oppervlakte smeer of strooi (viennas en tamatie smeer,
spinasie en feta, kaas en knoffel, biltong en jalepeno, ag sommer net wat se
smaak ookal in jou kieste opspring.
++++++++++++++++++++++++
6 Snye brood Bietjie
olie
1 Groot ui, gekap 250
g (1 pakkie) spek
1 Rooi soetrissie, in blokkies gesny 300
g (1 blikkie) soutvleis, fyn gemaak
5 ml (1 t) borrie 30
ml (2 e) vars pietersielie, gekap
45 ml (3 e) blatjang 4
eiers, geskei
125 ml (½ k) melk 250
ml (1 k) cheddar, gerasper
Stel oond op 180°C. Verhit olie in pan en sorteer ui tot sag en
deurskynend. Voeg spek by en roerbraai tot gaar. Voeg soetrissie by en
roerbraai verder.
Verwyder pan van hitte en roer soutvleis, kerrie, borrie, pietersielie en
blatjang by.
Plaas 'n laag gesnyde brood in gesmeerde oondbak en skep soutvleis bo-op.
Maak bokant gelyk.
Klits melk en eiers en giet oor gereg. Sprinkel gerasperde kaas bo-oor.
Bak 30 min of tot kaas bo-op goudbruin is.
++++++++++++++++++++++++
(Hierdie resep is 'n staatmaker wanner die finansies soms min is en die
gebakte bone redelik goedkoop is.)
1 ui, gekap 250
- 500 g beesmaalvleis
1 blik gebakte bone in tamatiesous kerrie
na smaak
sout en peper na smaak olie
Soteer die ui in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en braai
vinnig. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg bone en smaakmiddels by
en bring tot kookpunt. Bedien saam met rys en mengelslaai en jou gunsteling
'chutney' (blatjang).
++++++++++++++++++++++++
2 pakkies Marie beskuitjies (grof gebreek) 2
eiers
1 koppie (250ml) sagte bruin suiker 1
koppie (250ml) botter
3 koppies (750ml) gedroogde vrugtemengsel (fruit mix)
75g glanskersies 2
sopies brandewyn of sjerrie
Smelt botter en suiker, moenie kook nie. Voeg vrugte by en kook vir 3
minute. Voeg geklitste eiers by. Roer vinnig na elke byvoegsel en kook vir nog
2 minute.
Voeg Marie beskuitjies, kersies, brandewayn of sjerrie by en roer goed.
Roer goed tot alles goed gemeng is.
Plaas in gesmeerde broodpannetjie wat uitgevoer is met waspapier wat ook
gesmeer is. Druk mengsel stewig vas en laat afkoel.Keer uit en strooi met
versiersuiker voor bediening.
++++++++++++++++++++++++
1 ui (geskil & gekap) 30
ml botter
7 ml sout 2
ml borrie
sap v. 1 suurlemoen 1
kg gemaalde beesbinneboud
150 ml sagte broodkrummels 175
ml blatjang
100 ml droë wit wyn 50
ml fyn appelkooskonfyt
100 ml melk 2
eiers
Mikrogolf ui + botter 4 minute oop by 100 % in ronde tertbak. (25 cm
deursnee, 6 cm diep) Roer na eerste 2 minute.
Roer kerrie, sout, borrie, en sap by. Voeg vleis by en roer liggies met vurk.
Bedek en mikrogolf mengsel 5 min. by 100% krag. Roer goed om los te maak.
Roer broodkrummels, blatjang en wyn by. Bedek en mikro 10 minute by 70%
krag. Laat 'n rukkie afkoel.
Smeer fyn appelkooskonfyt bo-oor. Klits melk en eiers en giet bo-oor. Mikro
sowt 25 minute oop by 50% krag tot eiermengsel gestol is.
(Mens kan so vinnig dan in die gewone oond naby die rooster (gril) sit om
bo-op mooi bruin te bak.)
++++++++++++++++++++++++
Deeg
400ml koekmeelblom knippie
sout
2ml bakpoeier 110g
margarien, gerasper
200ml melk 1
eiergeel
Vulsel
1 blik boeliebief in blokkies gesny (275g) 30ml
mayonnaise
2-5ml mosterdpoeier bietjie
worcestersous
30ml gekapte pietersielie 250ml
gerasperde Cheddar kaas
Voorverhit die oond tot 200C. Spuit ‘n klein broodpan met kleefwerende
middel. Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte
in tot goed gemeng. Meng die melk en eiergeel saam en meng by. Die deeg sal
slapperig wees.
Druk die helfte van die deeg op die bodem van die voorbereide pan vas. Meng
die bestanddele vir die vulsel, maar hou eenkant ‘n bietjie gerasperde kaas.
Skep bo-oor en maak gelyk.
Versprei die res van die deeg oor die vulsel, sprinkel die oorblywende kaas
oor en bak sowat 20 minute lank of totdat die kors gaar is. Dien op met
blatjang.
++++++++++++++++++++++++
15 Koppies meel 3/4
Koppie stroop
15 teelepels bakpoeier 6
1/2 Koppies suiker
1 teelepel kaneel 1
teelepel neut
1/2 teelepel naeltjies 1
teelepel gemmer
6 eiers 1
1/3 pond (660 g) margarien
Meng die droë bestanddele, vryf margarien in. Voeg stroop en eiers by, meng
verder met melk tot 'n stywe deeg.
Rol uit en druk af met drukkertjies. Bak in oond 400°F tot ligbruin.
++++++++++++++++++++++++
500g pakkie droë suikerbone, oornag geweek in koue water
250g gerookte spek, in blokkies gesny, 1
varkpootjie
2.5 liter water 1
groot ui gekap
1 wortel, grof gerasper 65g
(1blikkie) tamatiepasta
2 lourierblare 6
wonderpeperkorrels
3 kruienaeltjies ‘n
paar gekapte takkies pietersielie
10ml bruinasyn sout
en varsgemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies skoongemaak olyfolie
Spoel bone af onder koue water en dreineer. Dompel varkpootjie vinnig in
kookwater en was goed af. Skep spek in ‘n groot kastrol en braai oor lae hitte
tot bros. Skep uit.
Braai vark pootjie in dieselfde kastrol tot bruin alkante. Skep bone by
varkpootjie in kastrol en voeg water by. Verhit tot kookpunt, en skep skuim af
met gaatjieslepel.
Voeg res van bestanddele tot em met bruinasyn by, verhit tot kookpunt,
verlaag hitte en laat stadig prut met deksel op kastrol vir sowat 2½-3ure of
tot bone sag is.
Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder varkpootjie en druk sommige
van die bone fyn met ‘n aartappeldrukker. Proe en geur na smaak indien nodig.
++++++++++++++++++++++++
2 k Meelblom 1/2
teel sout
3 eiers 3
1/2 teel bakpoeier
2 teel Vanielje 1/2
k melk
1/2 k Water 113
g. botter
1 k suiker.
Klits geel van eiers goed. Voeg meel en sout by, dan geursel. Voeg dan melk
en botter wat gesmelt is, by. Voeg dan water by as te styf is. Voeg bakpoeier
by en dan styfgeklopte eierwit. Bak in oond teen 180 Grade C vir 25 minute.
++++++++++++++++++++++++
500ml fyn gerasperde wortels 425ml
kookwater
30ml olie 15ml
heuning
500ml mieliemeel 2ml
rooipeper
5ml sout 4
ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met
bakpapier uit. Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en
heuning.
Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel.
Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium
en vou dit liggies in by die mengsel.
Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.
++++++++++++++++++++++++
(Mikrogolf)
1 (2) Koppie Meel 1
(2)Teelepels Koeksoda
1 (2) Kop Suiker 2
(4) Eiers
2 (4) Eetlepels Appelkooskonfyt 1
(2) Koppie Melk
1 (2) Eetlepels Asyn 1
(2)Teelepel Sout
Meng eiers en melk. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Meng koeksoda en
asyn, voeg by res. Bak 15 - 18 minute in Mikrogolf
Stroop
1 (2) Koppies Suiker 1
(2) Koppies Melk
1 (2) Koppies Kookwater 3
(6) Eetlepels Botter
Kook saam en gooi oor warm poeding.
++++++++++++++++++++++++
220 g suiker 150
g bruismeel
3 eiers 50
g okkerneute, gekap
35 g kakao knippie
sout
170 g sagte botter (nie gesmelt)
Gooi al die bestanddele in 'n bak, meng goed met 'n houtlepel, gooi in
gesmeerde bakplaat en bak 22 minute in voorverhitte oond by 190º. Moenie droog
bak nie, dit moet nog so effens klam wees in die middel. Sny in blokkies
wanneer koud. Kan net so geëet word, of bedien met styfgeklopte room.
++++++++++++++++++++++++
700 g butternut 1
ui, gekap
2 of 3 aartappels, in blokkies 1,25
liter hoenderaftreksel
10 ml gedroogde tarragon (of dragon op afrikaans) opsioneel
sout en peper na smaak 125
ml room of melk
Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir 'n
klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is.
Versap of druk fyn en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor
opdiening.
++++++++++++++++++++++++
(Mishka)
3 koppies Cremorapoeier 1½
koppies kookwater
1 blikkie kondensmelk halwe
koppie suurlemoensap
1 pakkie Tennisbeskuitjies
Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit
in vrieskas verkieslik).
Klop met klitser tot styf. Voeg die
kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die
tert.
Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan
bo-oor gesit word.
Ek het hierdie gebruik as 'n nagereg vir 'n braai. Saam met die tert het ek
spanspek gegee.
++++++++++++++++++++++++
2 k meelblom 2
eiers
1/4 lb Botter 1/2
lb dadels
1 k kookwater sout
1 k suiker 2
teel koeksoda
1 teel vanielje
Gooi kookwater oor botter, suiker, dadels, koeksoda en sout. Laat afkoel.
Voeg eiers heel by. Roer meel in. Bak vir 'n uur by 180 Grade C.
++++++++++++++++++++++++
STROOP
500 ml suiker 1
liter water
30 ml (2 eetlepels botter) 30
ml (2 eetlepels goue stroop)
2 ml (halwe teelepel) sout
KLUITJIES
500 ml koekmeelblom 15
ml (1 eetlepel) koeksoda
2 ml (halwe teelepel) fyn kaneel 30
ml (2 eetlepels) botter
125 ml (halwe koppie) fyn gesnipperde dadels 250 ml (1 koppie) melk
Meng al die bestanddele vir die stroop saam in 'n stoompot. Roer oor lae
hitte tot die suiker opgelos is. Kook dan vyf minute lank.
Meng koekmeelblom, koeksoda en kaneel saam. Vryf botter in en voeg die
dadels by. Meng goed deur. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer
word.
Laat stroop weer kook en skep lepels vol van die kluitjiemengsel in die
kokende stroop. Verlaag hitte (dit moet baie stadig prut anders kook dit oor)
en prut 20 minute lank. Moenie die deksel oplig nie.
Dien op saam met vla, room of roomys. Genoeg vir 6-8 mense.
++++++++++++++++++++++++
1 1/2 k Meelblom 1/4
teel sout
1 1/2 teel Bakpoeier peper
1 eier 1
k Melk
Klits eiers en melk goed. Roer stadig by meel, sout en bakpoeier. Doop
stukkies hoender of enige koue vleis daarin en bak in warm olie.
++++++++++++++++++++++++
1 pakkie Bruismeel 1x250
g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk 2
eeteel suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier knippie
sout
Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi
rosyne by en voeg die karringmelk by.
Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng
deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur.
Keer uit en laat afkoel.
Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy
lekkerste op die eerste dag.
++++++++++++++++++++++++
(1 groot Kastrol)
½ kg 'Lean' Maalvleis ½
kg 'Chuck' - blokkies gesny
¾ Pakkie of Boksie 4 in 1 sopmengsel 1
kop fyn gesnyde seldery
½ kop fyn gesnyde pietersielie 1
groot gerasperde ui
2 groot gerasperde aartappels 1
groot gerasperde tamatie
1 kg gerasperde wortels sout
en peper na smaak.
1 Blikkie boontjies in tamatiesous 'Bakebeans' (Om te verdik)
1 Pakkie groentesoppoeier aangemaak in 1 kop water (Om te verdik)
Kook 'chuck', maalvleis, sopmengsel, seldery, pietersielie, uie, tamatie en
wortels totdat die vleis sag gekook is. Die vleis kan vooraf ook sag gekook
word vir 'n rukkie. Hou die kastrol sowat ¾ vol met water soos jy kook. (Sowat
'n uur tot 'n uur en half)
Gooi gerasperde aartappel by en kook tot sag saam met die res van die sop.
'Mash' die 'bakebeans' fyn en gooi by die res van die sop en ook die
soppoeier wat aangemaak is met 1 kop water - kook vir nog so 20 min totdat
alles deurgekook is. Gooi sout en peper by na smaak.
Die sop vries ook baie lekker en dit smaak altyd baie lekkerder as dit
gevries was - weet nie hoekom nie.
++++++++++++++++++++++++
1 ui 1
soetrissie
25ml sonneblomolie 10ml
kerriepoeier
2ml borrie 500ml
kookwater
12,5ml blatjang 5ml
sout
knypie peper 500g
rou boerewors
410g appelkooshelftes 375ml
rou rys
grasuie vir garnering (opsioneel)
Skil en kap ui fyn. Halveer en sny die soetrissie aan repies. Soteer uie en
soetrissie in olie.
Voeg kerriepoeier en borrie by en roerbraai effens. Voeg kookwater, sout en
peper en blatjang by en kook 2 minute lank.
Sny wors in stukkies en pak dit in oondvaste bak.
Skep uiemengsel oor wors en versprei egalig. Versprei appelkoos- helftes
oor wors en giet sap ook oor.
Strooi rys bo-oor, plaas deksel op en bak teen 200C, 45 minute lank. Roer
liggies om, garneer met uiegras en sit warm voor.
++++++++++++++++++++++++
Hierdie skons is ware treffers!
4 kop bruismeel 1
teelepels sout
2 teelepels bakpoeier 2
groot eiers
½ koppie olie 2
teelepels wit suiker
1 kop karringmelk - soos benodig om deeg klouerig slap te maak (om te skep
in muffin-panne)
Meng olie, eiers, melk tot glad. Meng droë bestanddele en suiker. Meng die
mengsel by droë mengsel.
Deeg moet slap wees om te skep met lepel, maar nie loperig nie.
Skep 'n groot eetlepel vol in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Bak by 200º
C goudbruin.
++++++++++++++++++++++++
15 ml sonneblomolie 1
ui (geskil, gekap)
125 g spekvleis (gekap) 1
knoffelhuisie (gekneus)
2 ml vars neutmuskaat (gerasper) 250
g split-ertjies
1,5 Liter groente-aftreksel sout
en peper
2,5 ml suiker 150
ml room
vars pietersielie vir garnering (gekap)
Verhit olie en soteer ui daarin tot sag en deurskynend. Voeg spekvleis by
en braai tot dit begin bros word. Voeg knoffel by en roerbraai vir sowat 1
minuut. Roer neutmuskaat, ertjies en aftreksel by.
Bedek en laat prut vir 1 uur of tot ertjies sag is. Geur na smaak, roer
suiker en room by en verhit tot deurwarm. Garneer met pietersielie.
Indien verkies kan 250 g jambon-ham, in blokkies gesny, saam met ertjies
bygevoeg word.
Split-ertjies is geel of groen en het 'n soeterige smaak. Kook saam met uie
en wortels en geur met 'n lourieblaar en grof gemaalde sout en peper - 1 1/2
uur vir geweekte en 2-2 1/2 uur vir ongeweekte ertjies. Split-ertemoes is
heerlik saam met peperwortel - roomsous en garnale.
++++++++++++++++++++++++
3 koppies mieliemeel 6
koppies water
1½ teelepel sout 1
bottel biltongsmeerkaas
250ml room 1
blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek 2
uie
gerasperde kaas
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water
tot gaar.
Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room
en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel Pap,dan spekmengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam
met braaivleis.
++++++++++++++++++++++++
1 kg maalvleis 2
uie, fyngerasper
1 aartappel, fyngerasper 4
snye witbroodkrummels
1/4 k Melk 2
eiers
2 eetl tamatiesous 2
eetl worcestersous
2 eetl bladjang 1
teel sout
bietjie peper 2
teel knoffelsout
2 teel gemengde speserye 1
teel kerriepoeier
2 teel Aromat 1
eetl suurlemoensap
Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C, tot aan
albei kante gaar.
++++++++++++++++++++++++
500 g sagte botter 500
ml sagte bruinsuiker
250 ml goue stroop 80
ml gemmerkonfyt, gedreineer fyngekap
1 kg bruismeel 10
ml elk koeksoda en kremetart
5 ml sout 2
ml gemaalde gemmer
2 eiers, geklits ekstra
koekmeel, indien nodig
Stel oond op 180 °C. Klop die botter, bruin-suiker, stroop en konserf saam.
Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in. Meng goed saam.
Voeg die eiers by en meng saam tot 'n sagte deeg. Neem ekstra meel op die
hande as die deeg te onhanteerbaar is. Vorm klein balletjies en plaas op
gesmeerde bakplaat of rol uit en druk sirkels van verlangde grootte uit. Bak
sowat 8 tot 10 minute. Lewer sowat 80 koekies.
Wenk Let op dat die
deeg `loop'. Laat dus genoeg ruimte tussen elke balletjie. Rol deeg dun uit om 'n heerlike bros koekie
te kry.
++++++++++++++++++++++++
185g margarine 250ml
stroop
700g koekmeel 20ml
koeksoda
20ml kremetart 60ml
gemmer
550g bruinsuiker 5ml
sout
3 eiers
Smelt botter en stroop in groot kastrol en laat afkoel. Voeg nou die eiers
een vir een by die stroopmengsel.
Gooi nou die bruinsuiker bo-oor en meng net tot die mengsel nat is. Sif
droё bestandele en voeg by die die stroopmengsel en meng.
Laat staan vir 2 ure, maak balletjies en bak 10 – 12 minute by 180ْ C. Die resep lewer omtrent 13 dosyn.
Ek voeg maar altyd ń bietjie ekstra gemmer by, net vir liefde. Die is
’n regte outydse harde gemmerkoekie wat lekkerder word soos dit ouer word.
++++++++++++++++++++++++
1 beesstert, opgesny olie
vir braai
2 uie, in skywe gesny 2
wortels, geskraap en in kwarte gesny
3 selderystingels, in 5 cm stukke gesny 15
ml koekmeelblom
500 ml vleisaftreksel Bouquet
garni
sout en peper na smaak
Braai vleis in swaar-boomkastrol in vet tot goed bruin aan alle kante. Skep
uit en hou eenkant.
Braai uie, wortels en selderye in dieselfde kastrol tot effens bruin. Roer
meelblom in, gooi vloeistof by en laat opkook. Geur met kruie en geurmiddels
(bouquet garni ).
Skep groentemengsel in vuurvaste kasserolbak, skep vleis op groente, plaas
styfpassende deksel op en bak omtrent 1 1/2 tot 2 uur lank in voorverhitte oond
van 180 Grade C. of tot vleis sag is.
Verwyder bouquet garni sodra vleis van bene begin afval. Dien baie warm op,
saam met stampmielies of rys.
Let wel
As die beesstert baie vet is, is dit goed om die vleis al die vorige dag gaar
te maak, te laat afkoel en dan die soliede vet te verwyder. Verhit goed voor
opdiening.
Bouquet garni is 'n kruie wat saam in 'n bossie in 'n moeselien-sakkie
toegebind en voor opdiening verwyder word.
++++++++++++++++++++++++
1 kg volkoringmeel 250
ml klapper
200 ml pitlose rosyne 55
ml bakpoeier
500 ml suiker 250
ml sonneblomolie
500 ml koekmeel 500
ml fyngedrukte graanvlokkies
125 ml sonneblomsaad 10
ml sout
250 g margarien, gesmelt 1
liter kookwater
Stel die oond op 180C. Meng al die droë bestanddele, behalwe die suiker
saam. Giet die gesmelte margarien in ´n ander mengbak en voeg die suiker, olie
en kookwater by. Meng.
Voeg by die droë bestanddele en meng goed. Skep deeg in 2 gesmeerde broodpanne.
Doop ´n mes in warm water en sny die deeg in blokkies.
Bak sowat 1 uur, of tot gaar, in die voorverhitte oond. Laat effens afkoel
in die panne. Keer uit, breek in stukke en droog uit.
++++++++++++++++++++++++
30 ml kookolie 15
ml botter
sout, swartpeper en gemengde kruie ongeveer
2 kg hoenderstukke, skoongemaak
1 ui, opgekap 2
huisies knoffel, gekneus
2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny 250
g sampioene, in skyfies gesny
375 ml rou rys 1
pakkie sampioenroomsop
750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies)
Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit 'n diep oondskottel met
kleefwerende kossproei.
Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie saam
en sprinkel oor die hoenderstukke. Verbruin die hoenderstukke in
olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel,
soetrissierepe en sampioen-skyfies in die orige panvette vir twee minute.
(Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braai vir 'n verdere
twee minute.
Maak die sampioensoppoeier aan met 'n klein bietjie koue water en klits die
aftreksel daarby. Skep die rysmengsel en hoenderstukke in die voorbereide
oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor. Roer liggies deur,
bedek met tinfoelie en bak in die voorverhitte oond vir sowat 80 minute tot die
hoender en rys sag en gaar is. Pas die geur verder aan, indien nodig.
Roer 'n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit voor
saam met 'n groente van jou keuse.
Genoeg vir sowat ses mense.
++++++++++++++++++++++++
750 g skaapnek 15
ml koekmeelblom
15 ml olie 2
uie, gekap
200 ml vleisaftreksel 7
ml sout
varsgemaalde swartpeper, na smaak 750
g tot 1 kg groenbone, gekerf
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 15
ml suurlemoensap
Verhit olie in swaarboomkastrol, rol vleis in meelblom en braai tot bruin.
Voeg uie by en soteer. Voeg warm vleisaftreksel en res van bestanddele by,
bedek en prut 1 1/2 tot 2 uur lank of totdat vleis sag is. Indien verkies kan
aartappels met 'n vurk fyngedruk word. Lewer ses porsies.
++++++++++++++++++++++++
8 x 250 ml Nutty Wheat 2
x 250 ml Snowflake koekmeelblom
7,5 ml sout 1
x 10 g pakkie kitsgis
250 ml suiker 250
g margarien
125 ml gouestroop 750
ml louwarm water
Meng droë bestanddele saam en vryf hierna margarien met vingerpunte in.
Meng gouestroop en louwarm water en voeg by droë mengsel. Meng tot deeg.
Rol deeg in handpalms tot ewe groot balletjies en plaas in gesmeerde
broodpanne. Laat rys tot dubbel die grootte en bak vir een uur teen 180 Grade
C.
Keer uit en laat afkoel. Breek op in beskuite en laat oornag in koel oond
uitdroog.
Sultanas of rosyne kan by beskuitdeeg gevoeg word voor dit in balletjies
gerol word.
++++++++++++++++++++++++
25 g vars gis 625
ml louwarm water
40 g (50 ml) suiker 1
eier
125 ml kookolie 12,5
ml sout
1 kg witbroodmeel
Voorverhit oond tot 200 Grade C.
Krummel gis in water en voeg suiker, eier en olie by. Voeg sout by helfte
van meel en voeg by vloeistof.
Werk res geleidelik in om sagte deeg te verkry. Knie vir 10 minute tot glad
en elasties. Bedek met plastiek of handdoek en sit op warm plek om tot dubbel
die volume te rys. Knie af, verdeel in twee en vorm een helfte tot klein
broodjie. Maak snytjies bo-op.
Gebruik die res om rolletjies te maak. Sit brood in gesmeerde pan en rolletjies
op gesmeerde bakplaat.
Laat toe om tot dubbel die volume te rys. Bedek rolletjies met enige van
die volgende olyfolie en growwesout,
heuning en papawersaad, melk en vars gekapte kruie en/of eierglasuursel en
gekapte neute. Bak vir 45 minute tot gaar.
Lewer 1 groot / 2 klein brode, of 12 rolletjies.
++++++++++++++++++++++++
1 k botter 3
k meelblom
1/2 t sout 3/4
k suiker
2 t bakpoeier 1
k klapper
1/2 k fyn suiker 4
eiers
Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die
botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word.
Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie
appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by.
Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C (375 - 400 F) tot
gaar.
++++++++++++++++++++++++
500g hoenderlewertjies sout
en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 knoffelhuisies, gekneus 1
ui, gekap
5 ml borrie 90ml
botter
12.5ml kerriepoeier of garam masala 1
stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
410g (1blik) tamaties, gekap 1
brandrissie, ontpit en fyngekap
200g bevrore of vars jong ertjies vars
koljanderblare(dhania) gesnipper
Soteer skoongemaakte hoenderlewers in botter in ‘n braaipan sodat dit nog
pienk binne is, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde
swartpeper en skep uit. Hou eenkant.
Braai ui tot sag in panvet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie,
kerriepoeier en rissie by.
Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot
kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut.
Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde
swartpeper en ‘n bietjie suiker indien verkies.
Sodra sous begin prut, voeg hoenderlewers en bietjie koljanderblare by en
laat prut tot deurwarm.
Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.
++++++++++++++++++++++++
6 – 8 pond vars geelbek of enige ander ander geskikte soort vis
1 baie klein Rissie, fyn gekap 12
Naeltjies
6 groot wit Uie 2
eetlepels goeie Blatjang
2 onse Kerrie Sout
1 teelepel Borrie 2
– 3 pinte goeie Asyn
2 eetlepels Suiker
Maak vis skoon en sny in mote. Sprinkel sout oor en bak in warm vet.
Sny uie in ringe en smoor. Meng al die ander bestanddele en kook op in die
asyn, voeg ook die gesmoorde uie by om sag te kook.
Sit nou die gebakte vis in in erdekan of iets dergeliks en gooi die
gekookte asynmengsel oor.
Let wel – Vis moet goed bedek wees met die asynmengsel.
++++++++++++++++++++++++
Hierdie koekies is genoem na genl. Jan Smuts wat van 1919 tot 1924 en van
1939 tot 1948 die eerste minister van die Unie van Suid-Afrika was. Volgens oorlewering was die koekies destyds
baie gewild onder genl. Smuts se aanhangers terwyl hul politieke opponente niks
daarvan wou weet nie en net Hertzoggies gebak het. Die resep lewer 4 dosyn
koekies.
Kors
400 g (750 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom 10 ml bakpoeier
1 ml sout 250
g botter of margarien, by Kamertemperatuur
200 g (250 ml) suiker 2
eiers, geklits
Vulsel
125 g botter of margarien, by kamertemperatuur 125 g (150 ml) suiker
2 eiers, geklits 125
g (225 ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
5 ml bakpoeier 100
ml fyn appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 190°C (375 F).
Smeer die holtes van kolwyntjiepanne, of bespuit met kleefwerende middel.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter of margarien
met die vingertoppe hierin totdat die mengsel fyn gekrummel is. Voeg die suiker
by en meng. Voeg die eiers by en meng tot 'n deeg.
Rol die deeg sowat 3 mm dik uit op 'n meelbestrooide deegplank. Druk
sirkels, 8 cm in deursnee, met 'n koekiedrukker uit. Voer die holtes van die
kolwyntjie panne met die deegsirkels uit.
Verroom die botter of margarien en die suiker saam. Voeg die eiers by en
meng. Sif die koekmeelblom en bak poeier saam en meng dit met die eiermengsel.
Skep 2 ml van die appelkooskonfyt in elke korsie. Skep 'n lepelvol vulsel
daarop.
Bak die koekies 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.
Keer hulle versigtig op 'n draadrak uit en laat afkoel.
++++++++++++++++++++++++
2 uie, in ringe gesny 15ml
vars gemmerwortel, gerasper
1 heel kaneelstok 6
kardomonsade,gekneus(opsioneel)
1kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny 15ml
matige kerriepoeier
15ml borrie 2ml
neutmuskaat
1ml rooipeper 20ml
suiker
4 knoffelhuisies, fyngedruk 1
groen soetrissie, in repe gesny
1 lourierblaar olie
om in te braai
sout en varsgemaalde peper 15ml
fyn komynsaad(jeera)
5ml fyn koljander 5ml
gemengde kruie
410g heel, tamaties,fyn gekap sap
van halwe suurlemoen
Soteer die ui, knoffel, gemmerwortel en soetrissie saam met die heel
speserye in 'n klein bietjie olie in 'n groot kastrol tot sag. Geur die
vleisblokkies na smaak met sout en peper en braai bietjie vir bietjie tot
bruin. Voeg die res van die geurmiddels buiten die suiker by en roerbraai nog
vir sowat een minuut. Voeg die tamaties by. Verlaag die hitte en prut en prut
tot die vleis sag en gaar en die sous lekker dik is. (Gooi nog 'n bietjie water
of hoenderaftreksel by indien die kerrie droogkook.) Geur met suiker en
suurlemoensap asook nog sout en peper indien nodig.
++++++++++++++++++++++++
500 g bruismeel 1
pakkie dik wit uiesoppoeier
5 ml (1 teel) sout 5
ml (1 teel) bakpoeier
150 g gerasperde cheddarkaas 1
ekstra groot eier
500 ml (2 k) karringmelk
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n broodpan van 1,5 liter met
botter of bespuit met kleefwerende kossproei. Sif die meel, uiesop poeier, sout
en bakpoeier saam. Voeg 100 g. van die kaas by en meng goed.
Klits die karringmelk en eier goed saam en voeg by die droë bestanddele.
Roer goed.
Skep in voorbereide pan en versprei eweredig. Sprinkel die orige kaas oor
en bak 1 uur lank tot gaar of todat 'n toetspen skoon uit die middel van die
broodjie kom.
Sit voor met kaas en konfyt.
++++++++++++++++++++++++
Kors
25 Gemmerkoekies OF 1 pakkie tennisbeskuitjies 100 g gesmelte botter
Meng koekies en botter en druk in 'n pan met 'n uithaal bodem om korslaag
te vorm. Laat afkoel in die yskas.
Kaasskoekvulsel
25 ml (5 teelepels) gelatien 4
eetlepels water
Bedek gelatien met water en laat staan sodat dit kan "spons"
2 houers roomkaas sap
en skil van suurlemoen
5 ml vanielje geursel 3
eiers, geskei
1 koppie strooisuiker 250
ml room
Plaas roomkaas in 'n bak en meng. Voeg
die sap en fyngerasperde skil van suurlemoen en vanieljegeursel by.
Meng eiergele met strooisuiker in 'n bak - totdat dit soos room lyk - voeg
dan by die kaasmengsel.
Klits die liggies en voeg by die kaasmengsel.
Mikrogolf die gelatien op medium krag vir 2 minute en voeg STADIG by
kaasmengsel en meng totdat al die gelatien deeglik in die kaasmengsel gemeng
is.
Gooi in pan met kors en laat stol. Versier met vars vrugte en room indien
verkies.
++++++++++++++++++++++++
250 g cheddarkaas 250
g meelblom
1/2 teel peper 250
g botter
1/2 teel sout knippie
rooi peper
Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak. Sny die botter in klein stukkies en vryf dit
in die gesifte meelmengsel.
Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in. Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in
'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpannetjie.
Bak teen 220 Grade C tot ligbruin.
++++++++++++++++++++++++
3 k Meelblom 1
teel sout
250 g (1/2 lb. ) gerasperde cheddarkaas 250
g (1/2 lb. ) margarien
3 teel Bakpoeier 1/2
teel Rooipeper
Rasper kaas. Meng botter, meel en al die ander bestanddele saam. Kaas
laaste by.
Maak aan met water of melk tot stywe deeg. Rol dun uit en sny in repe.
Bak teen 230 Grade C tot ligbruin.
++++++++++++++++++++++++
Die geheim is om die kaiings reg uit te braai, nie almal weet so mooi hoe
nie, maar dis hoekom ek nou hier is!
Kaiings kan van die vet van enige slagdier gemaak word. Sny die vet af en
maal dit met 'n growwe meul. Verhit in 'n kastrol met 'n bietjie water dat die
vet smelt en laat die vet maar lekker uitbraai, dit vorm vanself kaiings. Party
mense gooi bietjie melk by, maak glo 'n mooier kaiing. Die kaiings is die
stukkies wat op die warm vet ronddryf, skep dit dadelik af en dis reg vir
gebruik. Wanneer jy daarmee bak, moet dit eers weer gemaal word, die keer met
'n fyn meul.
Die Broodresep
2 teelepels droë gis 2
teelepels suiker
3 koppies lou water 7
koppies broodmeel
2 teelepels sout 3
teelepels sagte varkvet
500g kaiings
Los die droë gis en suiker op in 1 koppie van die lou water. Roer 1/2
koppie van die broodmeel by. Bedek en hou warm sodat dit kan gis (een uur).
Sif die meel en die sout saam. Maak 'n holte in die middel en voeg die
suurdeegmengsel daarby. Knie nou goed totdat die deeg mooi skoon afkom van die
hande.
Voeg die orige lou water geleidelik by terwyl jy knie. Knie die sagte
varkvet goed deur en voeg dan die gemaalde kaiings by. Knie baie goed. Bak teen
180 ºC vir 45 tot 60 minute.
++++++++++++++++++++++++
500g boerewors, in skywe gesny 2
knoffelhuisies, gekneus
2 uie gekap 15ml
kookolie
2ml rissiepoeier 15ml
kerriepoeier
250ml vleisaftreksel 15ml
tamatiepuree
30ml suurlemoensap 5ml
sout
2ml vars gemaalde swartpeper 3
aartappels, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
Rooster wors tot byna gaar. Hou eenkant warm. Soteer intussen knoffel en ui
in verhitte kookolie.
Voeg rissie- en kerriepoeier by en braai effens. Voeg verhitte
vleisaftreksel, tamatiepuree, suurlemoensap, sout en peper by.
Voeg aartappels en wors by en prut vir 20 minute. Voeg piesangs by, meng goed
en verhit deeglik.
Sit voor met gebotterde heelgraanbrood.
++++++++++++++++++++++++
50 ml gladde appelkooskonfyt 125
ml (1/2 k) margarien
5 ml (1 teel) koeksoda 25
ml (5 teel) kookwater
375 ml (1 1/2 k) koekmeelblom knippie
sout
Stroop
330 ml witsuiker 500
ml (2 k) kookwater
12 ml (2 1/2 teel) fyn kaneel
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n kleinerige oondbak met botter
of bespuit met kleefwerende kossproei.
Meng konfyt en margarien deeglik. Los koeksoda in kookwater op, voeg by
konfytmengsel en meng.
Sif meel en sout by en meng tot 'n deeg. (Dis 'n baie sagte deeg.) Skep
teelepelsvol van die mengsel in voorbereide oondbak.
Verhit suiker, kookwater en kaneel oor lae hitte tot suiker gesmelt is en
bring tot kookpunt.
Giet warm stroop oor bolletjies en bak ongeveer 25 minute lank. Sit warm
voor met roomys.
Genoeg vir 4-6 mense.
++++++++++++++++++++++++
2 k Meelblom 1/2
k botter
1/2 k warm water 2
eiers
1 teel Kremetart 1
teel koeksoda
1 1/2 k Suiker 1/4
k kakao
1/2 - 1 k Karringmelk 2
teel vanielje
Sout
Sif droë bestanddele. Klop smeer en suiker tot room. Voeg goed geklitste
eiers by en dan kakao gemeng met warm water.
Voeg droë bestanddele om die beurt met melk by.
Voeg vanielje by. Bak vir 20 - 30 minute (of langer ) teen 180 Grade
C. Vir 'n groot koek verdubbel
bestanddele.
++++++++++++++++++++++++
250 ml suiker 2
eiers
500 ml karringmelk 1
kg Snowflake - bruismeel
5 ml sout 250
g margarien
Verhit oond tot 180 Grade C. Klits eiers en suiker saam tot lig en
skuimerig. Voeg karringmelk by.
Sif meel en sout in groot mengbak en vryf botter in met vingerpunte. Voeg
karringmelk by en meng tot deeg.
Rol deeg in handpalms in balletjies. Rol balletjies ewe groot omtrent die
grootte van 'n eier. Plaas balletjies dig teenmekaar in gesmeerde broodpanne.
Bak vir 50 - 60 minute.
Laat effens afkoel en keer uit. Laat dan heeltemal afkoel.
Breek beskuite oop en laat oornag op draadrak in oondlaai of in koel oond
uitdroog.
++++++++++++++++++++++++
1 kg botterpampoen, geskil en in blokkies gesny 1 liter hoenderaftreksel
30g botter 1
fyngekapte groot ui
2 koppies opgesnyde knopiesampioene 1
eetlepel matige tot medium kerriepoeier
20ml koekmeelblom 2
teelepels sagte bruinsuiker
Knippie borrie 1
maat brandewyn
150g natuurlike joghurt
Stowe botterpampoen in hoenderaftreksel tot gaar. Smelt botter in 'n pan en
braai die ui en sampioen daarin to sag.
Voeg meel en kerriepoeier by die ui-mengsel en roer oor lae hitte vir
ongeveer 4 minute.
Voeg die ui-mengsel by die botterpampoen en bring sagkens tot kook.
Purée as jy 'n gladde sop wil hê. Voeg sout, swartpeper en bruinsuiker by.
Roer die joghurt en brandwyn by, maar moenie laat kook nie. Bedien warm.
(Genoeg vir 4 - 6)
++++++++++++++++++++++++
Kors
250 g margarien 1
teel bakpoeier
2 k meelblom 1/2
k kookwater
Gooi kookwater oor margarien. Laat afkoel en roer meel en bakpoeier in.
Meng deeglik en bêre in koelkas tot nodig.
Vulsel
500 g maalvleis 1
groot ui, gerasper
2 aartappels, gerasper sout
en peper
Kook al die bestanddele vir 10 minute. Meng 1 eetl kerrie, 1 eeteel klapper
en 1 eeteel bladjang. Voeg by kokende vleismengsel. Vul ongebakte kors en bak
20 minute in warm oond.
++++++++++++++++++++++++
360 g (750 ml) koekmeelblom 240
g (300 ml) suiker
80 g (250 ml) klapper 2
ml sout
250 g / ml Botter 5
ml koeksoda
5 ml Appelkooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180 Grade C. Sif droë bestanddele saam. Vryf die
botter met vingerpunte in.
Meng die koeksoda en appelkooskonfyt saam en sny in droë bestanddele in.
Indien nodig, voeg 'n klein bietjie melk by om stywe deeg te vorm.
Vorm balletjies en plaas dit op 'n bakplaat. Druk dit met 'n vurk plat en
versier met rooi en groen glanskersies.
Bak vir ongeveer 10 minute tot ligbruin. Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.
++++++++++++++++++++++++
2 pond Beesvleis 4
– 6 pinte koue Water
2 blaartjies Foelie 6
Naeltjies
1 bossie Suring
Omtrent ½ - ¾ pond Meelblom vir die maak van die kluitjies, asook 1
eetlepel sagte vet en ‘n weinig droë tiemie. Sout na smaak
Sny die vleis in stukkies, sit op in die koue water, voeg nou al die ander
bestanddele by, behalwe die kluitjies, laat goed kook omtrent 3 – 4 uur lank. ‘n
Gesmoorde ui kan ook bygevoeg word.
Meng nou die meelblom met die tiemie en sout na smaak, maak ‘n holte in die
middel en gooi die vet daarin. Skep nou van die kokende vloeistof uit die
soeppot en maak die kluitjies daarmee aan. Kluitjies moet ‘n “slap deeg” wees.
So vinnig as moontlik moet nou gewerk word. Vorm kluitjies met twee
teelepeltjies en gooi dadelik in die soep. Maak teelepeltjies af en toe nat in
die kokende soep. Sodra kluitjies opkom, is hulle gaar en moet soep dadelik
opgedis en bedien word.
++++++++++++++++++++++++
Knoffelsous
180 ml (¾ k) Botter, gesmelt 25ml
(5 t) vars gekapte pietersielie
3 knoffelhuisies fyngedruk of 1 ½ t voorbereide knoffel
10 ml (2 t) gemengde droeë kruie
Brood
2 ekstra groot eiers 25ml
(5 t) olie
500 ml (2 k) louwarm water 60ml
(¼ k ) suiker
1 pakkie (10gr) kits-droeë gis 1
knoffelhuisie fyngedruk
Knippie gemmer Knippie
sout
5 x 250ml (5k) Koekmeelblom
Voorverhit die oond tot 190° C (375° F).
Bespuit pan met kleefwerende kossproei van 23cm deursnee.
Meng al die bestanddele vir die knoffelsous in `n kastol tot margarine
gesmelt is en hou eenkant.
Klits die eiers, olie, water en suiker saam.
Meng die res van die droeë bestanddele in `n groot mengbak Voeg nou die
watermengsel by en meng tot `n sagte deeg Knie die deeg vir 10 minute lank tot
glad en elasties Bedek met bespuite kleefplastiek en laat rys tot dubbel die
grootte (1 uur).
Verdeel die deeg in twee ne rol 12 ewe groot bolle van elke deel. Rol al
die bolletjies in die knoffelsous en pak in voorbereide pan. Gooi die res van
die knoffelsous bo-oor. Bak omtrent 36-40 minute tot gaar of mooi bruin bo-op
Dien louwarm op saam braaivleis.
++++++++++++++++++++++++
8 Koppies meelblom 1
pond (500 g) maizena
1 ons (30 g)koeksoda 1
Koppie stroop
1 1/2 pond margarien 2
Koppies suiker
4 eetlepels koffie essence 1/2
teelepel sout
Melk indien nodig.
Meng botter, suiker, stroop. Voeg koffie essence by. Meng koeksoda met
bietjie melk.
Voeg by mengsel. Voeg droë bestanddele by en maak aan tot stywe deeg.
Druk deur koekie masjien en bak in warm oond 400 F. Sit 2 - 2 opmekaar met
konfyt.
++++++++++++++++++++++++
12 Koppies meel 4
eiers
1 pak cream of tartar 1
pak koeksoda
2 eetlepe1s stroop 1
blik kondensmelk
2 pond (1 kg )margarien 3
Koppies suiker
1 Koppie klapper
Meng Suiker en botter tot room. Voeg eiers een vir een by. Voeg stroop en
melk by. Laaste word meel koeksoda, klapper en cream of tartar bygevoeg.
Meng,druk uit en bak in oond 400 F tot gaar.
++++++++++++++++++++++++
685 g Meelblom 455
g botter
4 teel Bakpoeier 1
blik kondensmelk
1 teel Suurlemoengeursel 1
k strooisuiker
Sout
Room botter en suiker en voeg kondensmelk by en meng goed. Sif meelblom,
bakpoeier en sout en voeg by botter mengsel.
Smeer pan en skep teelepelsvol in pan en bak teen 190 Grade C vir ± 12
minute.
++++++++++++++++++++++++
190 ml (3/4 k) suiker 125
ml (1/2 k) margarien
2 eiers 500
ml (2 k) meelblom
10 ml (2 teel) bakpoeier 2
ml vanielje
Stel die oond op 180 Grade C. Room die suiker en margarien saam. Voeg die
eiers by en klits goed todat mengsel liggeel en skuimerig is.
Voeg die meelblom, bakpoeier en 'n paar druppels vanielje by. Rol deeg in
klein balletjies en plaas op gesmeerde bakplaat - ongeveer 5 cm.uit mekaar.
Maak 'n klein holte in die middel van die deeg en drup 'n klein bietjie
konfyt daarin. Bak in 'n matige oond tot ligbruin.
++++++++++++++++++++++++
Nog 'n resep wat dateer uit 'n 1914 resepteboek
130 g botter 400
g suiker (500 ml)
4 eiers (geskei) 375
ml melk
2 ml koeksoda 480
g koekmeelblom (4 x 250 ml)
150 g korente (250 ml) 5
ml kremetart
Klits botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een
by terwyl voortdurend geklits word. Meng melk en koeksoda en voeg beurtelings
met meelblom by bottermengsel. Roer korente daarby in.
Klits eierwitte en kremetart saam tot styf en vou liggies by mengsel. Skep
in gesmeerde
kolwyntjiepanne en bak in voorverhitte oond by 200 grade C. 20-25 minute
lank tot gaar.
++++++++++++++++++++++++
15ml botter of margarien 6
eiers, geklits
125ml gerasperde Cheddarkaas 2
tamaties, geskil en grof gekap
5ml sout 1ml
varsgemaalde swartpeper
12.5ml vars gekapte pietersielie 1
spekvleisrepie, swoerd verwyder & gekap
Voorverhit die oond tot 180C. Verhit die botter of margarien in ‘n
swaarboombraaipan.
Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die gesmelte botter of
margarien. Meng alles goed saam.
Gooi die mengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel en bak dit 35-40
minute lank op die middelste oondrak totdat dit ferm is.
++++++++++++++++++++++++
4 x 250ml krummelpap 500ml
bruinbroodkrummels
5ml sout 250g
botter
500g bladspek 500ml
melk
8 eiers, geskei 285g
blik geroomde sampioene
285g blik gesnipperde sampioene, gedreineer 500ml
Chedderkaas, gerasper
170g blikkie ingedampte melk
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondskottel. Meng die krummelpap,
brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed. Braai die
spek bros en krummel dit.
Hou 'n bietjie van die spek vir garnering en voeg die res van die spek by
die krummelpapmengsel.
Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en 350ml van
die kaas by die mengsel.
Skep dit in die oondskottel uit en bak dit vir ongeveer 'n uur lank.
Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor en gooi die ingedampte melk
oor. Plaas die gereg vir ongeveer 5 tot 10 minute terug in die oond.
Bedien saam met braaivleis.
++++++++++++++++++++++++
2 Koppies klapper 3/4
pakkie cream of tartar
1/4 pond gesnipperde kersies 1
eetlepel goue stroop
14 Koppies meel 3
Koppies suiker
1 3/4 Koppie botter knippie
sout
1 blik gekondenseerde melk 6
eiers
1 pakkie koeksoda
Maak koeksoda en cream of tartar met een eetlepel asyn aan
Meng meel, suiker en sout saam. Meng gekondenseerde melk, goue stroop, koeksoda
mengsel, asook geklitste eiers saam.
Voeg nou alles bymekaar en werk sagte botter met hande deur mekaar.
Rol uit, druk af en bak (moenie gesmelte botter gebruik nie).
++++++++++++++++++++++++
1 pakkie bruin lensies
2 pk sopgroente (wat mens in die groentewinkels kry)
1-2 pk sopbene (maw 2-4 sopbene na gelang van wat jou beursie sê)
2-4 aartappels (die soort wat maklik blus, waarvan mens kapokaartappels maak)
geurmiddels
Gooi die vleis en sopbene in 'n 5 liter kastrol wat driekwart met water
gevul is. Plaas op die stoof en laat solank vinnig kook terwyl die groente
gekerf word. Ek rasper sommer alles wat gerasper kan word op die growwe kant
van die rasper. Die res kerf ek fyn - met die hand of voedselverwerker.
Moenie te veel rape ingooi nie. Ek vind dit maak die sop efffens bitter.
Sodra die groente klaar gekerf is, gooi ek dit by die res in die pot en laat
stadig kook. Soms hou ek die aartappels uit tot so 20 minute voor ek dit opskep
om te keer dat die aartappels heeltemal fyn kook.
Vul maar nou en dan aan met water indien nodig. Gooi sout, peper, Aromat,
Worcestersous, tamatiesous of -pasta na smaak by. 'n Tritseltjie blatjang is
ook nie onvanpas nie - pasop vir te veel anders gee dit die sop 'n soeterige
geurtjie.
++++++++++++++++++++++++
1 dik sny bruinbrood 500g
skaap of beeslewer
1 ui, fyngekap 1
groot groen appel, geskil en in blokkies gesny
5 ml borrie 30ml
fyn appelkooskonfyt
2 ekstra groot eiers, geklits 2
lourierblare
125ml melk sout
en peper
2 knoffelhuisies, fyngedruk 15
ml matige kerriepoeier
30ml blatjang 30
ml suurlemoensap
250ml melk
Voorverhit die oond tot 180C. Spuit ‘n oondvaste bak van 24x24x5cm met
kleefwerende middel.
Week die brood in die melk sag en maak fyn. Maak die lewer skoon. Trek die
vliese af en sny enige harde senings uit.
Indien jy beeslewer gebruik, laat 30 minute lank in lou sout water lê. Sny
in blokkies en geur met sout en peper. Braai in verhitte olie tot bruin van
buite. Skep uit en hou eenkant.
Soteer die ui en knoffel tot sag en voeg die appel, kerrie en borrie by en
roerbraai nog een minuut lank. Voeg die blatjang, appelkooskonfyt en
suurlemoensap by en meng. Voeg die gebraaide lewer by en meng goed deur.
Skep in die voorbereide oondbak. Klits die eiers en melk goed saam en giet
bo-oor. Rangskik die lourierblare bo-op. Bak 30-45 minute lank of tot gaar en
gestol. Dien dadelik op saam met gestoofde perskes en rys.
++++++++++++++++++++++++
250 g ontbytspek 1
ui, gekap
20 g botter 250
g hoenderlewers
250 g gemaalde beesvleis sout
en peper na smaak
410 g perskeskywe, gedreineer 50
g vars broodkrummels
20 ml fyn gekapte pietersielie 1
eier, geklits
4 ontbeende hoenderborshelftes
Voorverhit die oond tot 180º C en smeer ‘n broodpannetjie en voer dit uit
met die spekvleis, hou die wat oorbly. Braai die ui in die botter tot sag en
laat afkoel.
Meng die hoenderlewers en oorblywende spek met die ui en maal dit saam in
‘n voedselverwerker. Voeg die maalvleis by en geur met die sout en peper.
Kap die perskeskywe in stukkies en voeg dit by die maalvleismengsel.
Voeg ook die broodkrummels, pietersielie en eier by.
Meng alles saam met ‘n groot vurk. Skep die helfte van die vleismengsel in
die bereide pan.
Sny die hoendervleis in stukkies en plaas dit bo-oor die vleismengsel.
Skep die oorblywende vleismengsel bo-op.
Bak die broodjie 1 uur lank of tot gaar. Laat afkoel en plaas liefs ‘n
rukkie in die vrieskas voor dit gesny word.
++++++++++++++++++++++++
Netvet Skaaplewer
1 ui 1
sny brood
Kruinaeltjies neutmuskaat
Sout en peper
Laat lê die netvet in sterk warm water voor jy die lewer daarin sit, anders
kraak dit. Vir elke 1 skaaplewer benodig mens omtrent 1½ netvet as jy dit in
klein porsies gaan oprol om oor die kole te braai.
Maal die lewer met die ui, 'n sny brood, speserye, sout en peper.
Sny die netvet in 6 cm stukkies. Skep dessertlepelsvol van die gegeurde
lewer daarop.
Vou die netvet toe om die lewer. Meeste van die vet braai weg en net die
lekkerte bly oor.
Braai oor 'n stadige vuur of in 'n swaarboompot.
++++++++++++++++++++++++
500g skaaplewer 4
middelslag aartappels
250ml gesnyde groenboontjies 2
spinasieblare
1 middelslag tamatie 1
ui
1 sny brood 3
eiers
180ml ongesif afgemeet meelblom 15ml
bakpoeier
10ml sout 1ml
peper
kookolie vir vlak braai
Trek die vliese van die lewer af en sny die lewer in stukke. Maal die lewer
beurtelings met die aartappels, boontjies, spinasie, tamatie en ui. Maal die
brood laaste (sodat dit terselfdertyd die meul skoonmaak.)
Voeg die eiers by die gemaalde mengsel en meng goed.
Voeg die meelblom, bakpoeier, sout en peper by en meng. Skep lepelsvol lewermengsel
in vlak warm kookolie en braai dit eers aan die een kant oor matige hitte tot
gaar en bruin.
Dreineer die lewerkoekies goed op kombuispapier en sit dit warm of koud
voor. Hierdie koekies vries goed.
++++++++++++++++++++++++
120g koekmeelblom (250ml) 2
ml bakpoeier
1ml sout melk
om mee aan te maak tot stywe deeg
ekstra meel om bo-op te strooi 2
liter melk
3 eiers (geskei) 50ml
suiker
2ml kaneel
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en plaas in 'n voedselverwerker.
Voeg melk bietjiesgewys by om 'n stywe deeg te verkry. Wanneer goed vermeng,
haal uit die voedselverwerker en rol uit op meel bestrooide oppervlak. Strooi
meel bo-op en rol styf op. Sny rol in dun repies en plaas eenkant.
Gooi melk in dikboomkastrol en laat kook. Roer snysels in sonder om meel af
te skud. Klits eiergele, suiker en kaneel saam en voeg bietjie van melkmengsel
daarby. Roer dan versigtig by kokende melkmengsel. Laat stadig kook tot snysels
gaar en melkmengsel dik is. Roer styfgeklopte eierwitte net voor bediening in.
Bedien warm.
++++++++++++++++++++++++
1 k meelblom 1
blik geroomde soort suikermielies
3 eiers 1/2
k suiker
1 k mieliemeel (fyn ) 3
teel bakpoeier
Sout
Klit eiers en voeg die res van bestanddele by. Gooi in gesmeerde broodpan.
Kook 'n bietjie water in 'n groot kastrol en plaas die broodpan daarin.
Laat dit vinnig stoom in die toe kastrol vir + - 20 minute.
As die water wegkook, kan dit na 10 minute weer aangevul word.
++++++++++++++++++++++++
45 ml botter 45
ml koekmeelblom
310 ml melk 175
g melksjokolade, fyn gekap
180 ml water 160
ml suiker
30 ml koffiepoeier van goeie gehalte 5 ml vanieljegeursel
5 eiergele 125
ml sjokoladesplinters
7 eierwitte 1
ml kremetart
Voorverhit die oond tot 200 grade. Smeer agt
'ramekins' met botter en bestrooi met strooisuiker. Skud oortollige
suiker uit.
Smelt botter in ‘n middelslagkastrol en roer
koekmeelblom by. Roer vir sowat twee minute en verwyder van plaat.
Roer melk geleidelik by en roer met ‘n draadklitser. Plaas terug op plaat
en roer tot sous kook en verdik. Laat verder vir sowat 1 minuut prut.
Verwyder van hitte en roer sjokolade by tot
glad. Voeg water, 80ml van suiker, koffiepoeier en vanieljegeursel by en
roer tot gemeng. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
Klits eiergele een-een by en roer sjokoladesplinters
by. Klits eierwitte tot skuimerig en voeg kremetart by. Klits tot
sagte punte vorm en voeg oorblywende 80 ml suiker geleidelik by. Klits
tot styf, maar nie droog nie en vou ‘n kwart van eierwitte in
soufflébasis. Vou nou oorblywende eierwitte in met ‘n groot metaallepel
in ‘n syfer-agt-figuur.
Verdeel soufflémengsel tussen 'ramekins' en bak vir
sowat 25 minute tot opgepof, bruin en ferm. Dien onmiddellik op met
geklopte room.
++++++++++++++++++++++++
(genoeg vir 30 stukkies van 50 g elk)
1 kg koekmeelblom 10
ml sout
40 g (4 pakkies) kits droë gis 10
ml suiker
20 g anyssaad 60
g botter in klein blokkies gesny
600 ml warm melk 1
eiergeel, liggies geroer
Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, gis en suiker
saam in 'n mengbak en voeg dan anyssaad by. Meng die botter en die warm melk,
voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n ferm deeg.
Keer uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot 'n sagte
nie-klewerige deeg wat glad en elasties is. Plaas in 'n bak wat liggies met
olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op
'n warm plek totdat die volume verdubbel het.
Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram. Plaas in
'n broodpan maar laat ruimte aan die kante. Sit in 'n warm treklose vertrek en
laat staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan
gerys het.
Verhit die oond tot 180 grade C. Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15
minute en verlaag dan die hitte tot 160 C. Bak vir nog 30 minute tot gaar. Keer
op 'n draadrak uit en laat afkoel.
++++++++++++++++++++++++
125 g botter of margarien 80
ml (1/3 k) suiker
1 ekstra-groot eier 250
ml (1 k) bruismeel
180 ml (3/4 k) korente 500
ml (2 k) Rice Krispies of graanvlokkies
Liggies fyngedruk
Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer 'n paar bakplate. Verroom die
botter of margarien en suiker goed tot lig en romerig. Voeg eier by en klits
goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by. Roer liggies. Voeg
Rice Krispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en pak op bakplate. (Laat
ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak 10 - 15 minute tot gaar. Lewer
45 koekies.
++++++++++++++++++++++++
2 k meelblom 4
teel bakpoeier
1 teel sout 1/2
k suiker
4 eeteel botter of margarien 1
eier
1 k melk 1
kop gekapte okkerneute
Sif droë bestanddele saam en voeg suiker daarby. Vryf botter met
vingerpunte daarin.
Klits die eiers goed, en voeg dit by die melk. Roer dit geleidelik by die
droë mengsel om 'n sagte deeg te vorm.
Voeg die okkerneut by en gooi in 'n gesmeerde pan wat met gesmeerde papier
uitgevoer is.
Laat 30 minute staan en bak vir 40 - 50 minute in 'n matige oond.
++++++++++++++++++++++++
4 pond Lamsvleis (rugstring is heerlik) 1
glas Wit Wyn
2 wit Uie (in ringe gesny) 2
hardgekookte eiers en 1 rou eier
1 eetlepel Sago 1
blaartjie Foelie
2 onse Botter ‘n
Paar skyfies Ham
Sap van 1 Suurlemoen ‘n
Bietjie Wonderpeper
Sout en Peper na smaak
Sny vleis in netjiese stukkies, smoor die uie in die botter, voeg nou al
die bestanddele by, behalwe die eiers, sago en suurlemoensap.
Stowe nou die vleis tot dit heerlik sag is. Voeg nou 1 eetlepel sago en ‘n
goeie klont botter by; roer tot die sago gaar is.
Klits geel van eiers goed op, klits bietjie water by en dan die
suurlemoensap, voeg by die vleis. Gooi nou die mengsel in ‘n pasteiskottel. Sny
hardgekookte eiers in skyfies en sit op die mengsel. Gebruik skolferkors vir
die kors van die pastei en smeer oor met wit van eier. Bak.
Let Wel: (1) Lamsvleis en hoender
kan saam gebruik word. (2) Hoender kan
ook alleen vir die pastei gebruik word.
++++++++++++++++++++++++
2 pond Beesvleis 1
Blaartjie Foelie
¼ pond Varkspek 1
Bossie Suring
1 pond Witbone Omtrent
3 kwarte koue water
1 Ui Sout
en peper na smaak
1 Bossie Pietersielie
Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie
die spek nie. Sny ui in ringe en smoor in botter.
Kap suring en pietersielie fyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame
omtrent 3 – 4 uur. Roer af en toe. Indien nodig voeg meer water by.
++++++++++++++++++++++++
1 k meelblom 1
teel bakpoeier
knippie sout 2
eiers
1/4 k kookolie 1
1/2 k water
Meng alles goed. Laat staan 'n
bietjie. Bak in baie min olie. Strooi kaneel en suiker oor.
++++++++++++++++++++++++
500 g botter 625
ml bruinsuiker
10 eiers, geskei 750
g koekmeel
5 ml koeksoda 5
ml sout
5 ml kaneel 8
ml foelie
5 ml fyn naeltjies 5
ml gemengde speserye
300 ml brandewyn 2
ml amandelgeursel
500 g korente 250
g gemengde skil, gesnipper
Klop botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiergele een vir een by en meng goed na
elke byvoeging.
Sif droë bestanddele saam. Voeg geursel
by die brandewyn. Voeg droë bestanddele
om die beurt met brandewynmengsel by bottermengsel. Skud korente en gemengde
skil saam met 'n bietjie koekmeel in 'n
sakkie. Voeg by mengsel. Meng goed.
Klits die eierwitte styf en vou in. Gooi in goedgesmeerde uitgevoerde pan. Sprinkel bietjie melk bo-op om barste te voorkom.
Bak 2½ uur by 180ºC. Plaas bruin papier bo-op koek nadat dit 1 uur lank gebak het.
++++++++++++++++++++++++
(Dis nou my soort kos, dié)
4 dik snye brood (wit) korsies afgesny 500ml
kookmelk
1 blik geroomde suikermielies van 410g 3
eiers geklits
1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham - 2
koppies fyngesny
5ml mosterdpoeier sout
en peper na smaak
15ml gerasperde ui 25ml
fyngekapde pietersielie
100g (250ml) gerasperde kaas
Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met vurk.
Roer res van bestanddele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40 minute. Dun
skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met aromat gegeur word
voordat dit in die oond geplaas word.
++++++++++++++++++++++++
(Heerlik met braaivleis)
2 k meelblom 1
teel koeksoda
2 onse botter 1/2
teel kremetart
1/2 teel sout Dikmelk
Sif droë bestanddele saam. Vryf botter daarin. Meng met melk tot 'n sagte
rolbare deeg. Rol 'n halfduim dik uit en sny in reghoeke. Plaas op 'n gesmeerde
plaat of rooster oor kole. Bedien warm met botter.
++++++++++++++++++++++++
1 1/2 k meelblom 1
eier
1 k melk knippie
sout
1 k suiker 3
eetl botter
2 teel bakpoeier ½
koppie gesmelte botter
Marmite 1
koppie gerasperde cheddar kaas
Room botter en suiker en voeg eiers een vir een by. Sif droë bestanddele
saam. Voeg melk en droë bestanddele om die beurt by die eiermengsel. Smeer 'n
lang pyrexbak en plaas deegmengsel in. Bak in oond teen 180 Grade C.
Wanneer gaar druk gaatjies met 'n vurk en gooi 'n gesmelte botter oor.
Smeer marmite dun oor en rasper 'n lagie cheddar kaas oor.
++++++++++++++++++++++++
1 liter water 500
ml (2 k) gaar rys
5 ml (1 t) sout 450
ml mieliemeel
60 ml (1/4 k) botter of magarien
Verhit die water, rys en sout saam tot kookpunt. Laat dit stadig prut en
roer die mieliemeel geleidelik by -dit vorm 'n slap pap.
Laat dit 20 minute lank stadig oor lae hitte prut tot deurgekook en gaar.
Roer die botter of magarien in en bedien warm saam met pangebraaide wors en
warm tamatie-smoor. Genoeg vir 5 - 6 mense.
++++++++++++++++++++++++
500ml rou rys 10ml
borrie
Sout en peper 1ui,
in ringe gesny
5ml fyngedrukte knoffel 10ml
fyngerasperde vars gemmer
1 groen soetrissie, in blokkies gesny olie 1
tamatie, ontvel en in blokkies gesny
250ml bevrore ertjies 1
groot aartappel, geskil & in blokkies gesny
425g (1blik)sardyne in brandrissiesous
Kook die rys saam met die borrie en sout in genoeg water tot sag. Dreineer
en hou eenkant warm.
Soteer die ui, knoffel, gemmer en soetrissie in 'n bietjie olie tot sag.
Voeg die tamatie en die aartappelblokkies by en prut tot die aartappel sag en
gaar is.
Voeg die ertjies en die sardyne asook die rissiesous by en prut tot goed
warm.
Skep die rys in 'n opdienbord en skep die vismengsel oor. Dien op met 'n
sambal van gekapte tamatie, komkommer, gesnyde groen brandrissie en 'n bietjie
suurlemoensap.
++++++++++++++++++++++++
90 g botter 160
g sagte bruinsuiker
5 ml suurlemoensap 1
eier
250 ml fyngemaakte piesangs 100
ml melk
190 g koekmeelblom 15
g spysverteringsemels
7 ml bakpoeier 5
ml koeksoda
2 ml sout 50
ml rosyntjies
50 ml gekapte neute
Verroom die botter en bruinsuiker. Voeg die suurlemoensap en eier by en
meng goed.
Voeg die res van die bestanddele by en roer tot gemeng.
Skep die deeg in ‘n mikrogolfvaste bak wat met kombuispapier uitgevoer is.
Plaas die pan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolf.
Mikrogolf dit 10 minute by 90% krag. Laat staan 10 minute.
Keer die brood uit en verwyder die papier. Laat heeltemal afkoel.
++++++++++++++++++++++++
2,5 kg Snowflake koekmeelblom 10
ml sout
15 ml droë gis 1
liter louwarm water
250 g botter of margarien 15
ml anys
750 ml suiker
Sif die meel en sout saam Los die
gis op in 'n bietjie van die lou water.
Voeg die res van die water by asook 6 koppies van die meel en maak aan tot
'n slap deeg.
Bedek en laat rys op 'n warm plek vir 2 ure of totdat die deeg in volume
verdubbel het.
Vryf die botter in die res van die meel. Voeg anys en suiker by, meng goed
en knie die suurdeegmengsel hierby in. Indien nodig kan 'n ekstra bietjie
louwarm water bygevoeg word om 'n lekker sagte deeg wat maklik hanteer, te
verkry. Bedek en laat op 'n warm plek rys totdat die deeg in volume verdubbel het.
Knie deeg goed af. Knyp stukkies deeg af en rol dit soos wors uit en sny
skuins skywe van 50 mm lank af.
Skep dit in warm diepvet en braai goudbruin. Draai om en braai ook die
ander kant totdat dit goudbruin is. Dreineer op kombuis- of bruinpapier.
++++++++++++++++++++++++
[Eileen]
125 ml rooibostee 5
uie in skywe gesny
375 ml droë witwyn 25
ml sterk kerriepoeier
15 ml suurlemoensap 50
ml fyn appelkooskonfyt
5 ml bruinsuiker 2
ml sout
5 ml borrie
Meng al die bestanddele. Verhit dit tot kookpunt. Laat dit effens afkoel voordat die vleis
daarin gemarineer word.
++++++++++++++++++++++++
2 kg beesstert (in porsies gesny) paprika
koekmeelblom 50g
swoerdlose spekvleis (in blokkies)
2 groot uie (gekap) 2
knoffelhuisies (gekneus)
60ml tamatiepasta 10ml
roosmaryn
500ml droë rooiwyn 410g
heel tamaties
250ml vleisaftreksel sout
vars gemaalde swartpeper
Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie
vet. Verwyder uit pot en hou eenkant.
Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin.
Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by.
Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en
skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak.
Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by.
Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag
is, - ongeveer 2 ure.
Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en
water.
++++++++++++++++++++++++
Kluitjies
250 ml koekmeelblom 10
ml bakpoeier
2 ml sout 50
ml margarien/botter
1 eier 100
ml melk
Sous
500 ml kookwater 25
ml margarien/botter
Kaneelsuiker
Sif droë bestanddele saam.
Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk.
Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg.
Voeg nog melk by indien nodig.
Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in
kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl
kluitjies kook nie.
Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker
oor.
Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en
giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig.
MOET NIE dink dis makliker om dit sommer in die sousie te los nie. As jy
nog nooit in jou lewe rubber geëet het nie, sal jy nou!
++++++++++++++++++++++++
300g /600 ml koekmeelblom 7
ml koeksoda
5 ml fyn gemmer 3
ml fyn kaneel
200 g botter of margarien 200
g / 250 ml bruin suiker
1 eier 60
ml heuning of stroop
12.5 ml strooisuiker
Sif meel, koeksoda en speserye saam. Room botter en suiker saam. Voeg eier
by en klop baie goed. Voeg heuning by en meng.
Roer droeë bestanddele by en meng goed. Vorm klein balletjies. Doop die
helfte van elke balletjie in water en dan in die strooisuiker. Plaas met
suikerkant na bo op 'n gesmeerde bakplaat (druk effens plat) en bak 12-15
minute in 'n voorverhitte oond teen 180ºC.
++++++++++++++++++++++++
Daar is vele menings oor hoe on stywe- of krummelpap te maak. As julle
enige voorstelle het oor hoe om die onderstaande resepte te verbeter, laat my
weet, en ek las dit hierby!
Mens kan mieliemeel ipv die braaipap gebruik wat hieronder genoem word. Ek
dink die resepte kom oorspronklik van die pakkies af waarin dit verkoop is.
STYWE PAP (4-6 porsies)
1 liter water (4 koppies) 5ml
sout (1 teelepel)
500ml TRADISIONELE BRAAIPAP (2 koppies) (320g)
Gebruik 'n groot swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt. Voeg
TRADISIONELE BRAAIPAP by. Roer deeglik met 'n hout lepel en plaas deksel op.
Verminder hitte en prut vir 40 minute. Roer 'n paar keer. Voeg 125ml (1/2
koppie) koue water by pap. Prut pap oor lae hitte vir 'n verdere 30 minute.
KRUMMELPAP (4-6 porsies)
500ml water (2 koppies) 5ml
sout (1 teelepel)
750ml TRADISIONELE BRAAIPAP (3 koppies ) (480g)
Gebruik 'n medium swaarboomkastrol en verhit water en sout tot kookpunt.
Voeg TRADISIONELE BRAAIPAP by, plaas deksel op en prut vir 15-20 minute. Roer
met 'n vurk tot pap krummels gevorm het. Prut vir 20-30 minute. Roer 'n paar
keer.
Wanneer ons egter vir ons krummelpap maak, dan kook ons dit vir baie langer
as wat hulle hier bo voorstel. Ons glo die krummelpap moet stadig en baie lank
prut.
Roer die krummelpap vir die eerste keer nadat die meel 'n velletjie gevorm
het - dis belangrik om nie te vroeg te roer nie. Hoe lank jy die pap ná die
roer laat prut, hang ook af van hoe groot jou krummels is. Ek vind dat 20 min.
op 'n medium-lae gasvlam genoeg is, maar smaak verskil en elke ekspert het sy
manier.
++++++++++++++++++++++++
25ml olie 1 ui, fyn gekap 500g
maalvleis
5ml sout 2ml
peper
1 vleisekstrakblokkie 225ml
kookwater
2 aartappels, geskil en in blokkies 410g
(1 blik) roomsoort suikermielies
Geroosterde tamatieskywe
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die ui in die olie totdat
dit ligbruin en deurskynend is.
Voeg die maalvleis by en verbruin dit. Roer dit gereeld om sodat dit nie
aanbrand nie. Geur met sout en peper.
Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater en voeg dit saam met die
aartappel blokkies en suikermielies by die vleis.
Plaas die deksel op en stowe dit 20-25 minute lank oor lae hitte. Roer af
en toe om.
Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel. Garneer die gereg met
geroosterde tamatieskywe. Bedien warm.
++++++++++++++++++++++++
Ek gebruik 'n beskuitjiekors - 3/4 pakkie Marie beskuitjies en 80 ml margarien,
gesmelt.
397 g blikkie kondensmelk 125
ml suurlemoensap
3 eiers, geskei 125
ml strooisuiker
5 ml asyn 15
ml mielieblom (Maizena)
Voorverhit die oond tot 180°C. Berei die kors
en druk dit vas in 'n tertbord. (Ek maak altyd my meringue eerste, dan hoef ek
nie nog die klitsers te was voor ek die gele berei nie - regte lui huisvrou!)
Klits die eierwit, en voeg die strooisuiker geleidelik daarby tot dit styf
is. Klits nou die asyn en mielieblom by.
Klits die eiergeel saam met die kondensmelk en suurlemoensap. Gooi dit in
die tertkors. Skep die meringue bo-op.
Bak vir 10 minute of tot ligbruin (nie veel langer nie, anders word die
meringue taai en dit kan brand.)
Verkoel voor opdiening (indien verkies).
++++++++++++++++++++++++
Maak eers die sous en laat afkoel voor gebruik.
Sous
375ml suiker 300ml
water
5ml sout 12,5ml
botter
Kook saam vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg 125ml brandewyn by
Tert
500ml gesnipperde dadels 5ml
koeksoda
250ml kookwater 375ml
meelblom
250ml suiker 50ml
botter
125ml okkerneute en glanskersies 1
groot eier
Gooi kookwater en koeksoda en voeg botter by. Klop suiker en eier. Roer
droë bestandele in en voeg dadel mengsel by. Meng goed deur. Gooi in goed
gesmeerde bakskottel.
Rangskik neute en kersies bo-op. Bak by 180°C. Wanneer gaar, prik koek me
'n dik breinaald en goei afgekoelde sous oor. Versier met stryfgeklopte room,
indien kersies en neute nie as versiering gebruik is nie.
++++++++++++++++++++++++
375ml ongesif afgemeet koekmeelblom 15ml
bakpoeier
10ml suiker 5ml
sout
500ml gaar koue rys 410g
(1 blik) geroomde suikermielies
125ml melk 1
eier
kookolie vir vlak braai
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam. Vou die rys en
suikermielies in die gesifte bestanddele in.
Klits die melk en eier saam tot gemeng. Voeg dit by die meelmengsel en maak
aan tot ‘n sagte deeg.
Skep eetlepelsvol deeg in matig warm kookolie. Braai die vetkoek eers aan
die een kant tot goudbruin dit moenie te
vinnig braai nie.
Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor. Heerlik saam
met stroop of heuning.
++++++++++++++++++++++++
1 Blik Kondensmelk 6
Eetlepels Mazina
1 eetlepel Botter 1
Teelepel Vanilje geursel
2 Koppies Water 2
Eiers Geskei
Verhit Kondensmelk en water tot kookpunt. Maak Mazina aan met bietjie
water.
Voeg by kondensmelk en laat kook tot dik. Voeg botter en vanilje by.
Verwyder van hitte voeg eiergele by. Kook weer tot gaar.
Verwyder weer van hitte en voeg styfgeklitste eierwitte by.
Voeg in tertkors van tennis beskuitjies.
Bak in oond by 180 grade C vir 30 min.
++++++++++++++++++++++++
3 k meelblom 1
eier
Sout 113
g (1/4 lb) margarien
1 teel bakpoeier kouewater
Sif droë bestanddele en vryf margarien in meel. Klits eier goed, voeg by
meel asook water tot dit kan uitrol. Rol dun uit, sny vierkante. Sit
vleisvulsel in middel en vou toe. Steek vas met kruienaeltjie. Braai bruin in
olie.
Vleisvulsel
250 g (1/2 lb) gemaalde vleis 1
1/2 huisie knoffel of knoffelsout (1/4 teel )
2 teel olie gekapte
pietersielie
1 teel kerrie 1/2
ui gerasper
Braai ui en knoffel en voeg ander bestanddele by.
++++++++++++++++++++++++
50 ml olie 1
ui, gekap
15 ml kerriepoeier 750
g gemaalde wildsvleis;
7 ml sout 37.5
ml bruin asyn
37.5 ml fyn appelkooskonfyt 1
Granny Smith-appel, grof gerasper
50 ml pitlose rosyne 1
sny witbrood
350 ml melk 2
eiers
5 ml borrie 4
vars suurlemoen- of lourierblare
Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol en soteer die ui tot sag en
deurskynend. Voeg die kerrie poeier by en braai dit 1 minuut lank.
Voeg die maalvleis by en braai dit totdat die vleis verbruin. Voeg die
sout, asyn, appelkooskonfyt, appel en rosyne by. Plaas die deksel op en prut
dit 10 minute lank.
Week die brood in melk. Druk die melk uit en voeg die brood by die
vleismengsel.
Skep die vleismengsel in 'n vuurvaste oondskottel. Klits die eiers en melk
saam en voeg borrie by. Druk die suurlemoen- of lourierblare in die
vleismengsel en giet die eiermengsel bo-oor .
Bak dit 40 minute lank in 'n voor verhitte oond teen 180C totdat die vla gestol
het.
++++++++++++++++++++++++
30 ml sonneblomolie 1
ui, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap 10
ml matige kerriepoeier
2 ml borrie 500
ml kookwater
15 ml blatjang 5
ml sout
2 ml peper 500
g rou boerewors, in 4 cm- stukkies gesny
1 x 410 g blik appelkooshelftes 300
g rou rys (375 ml)
gekapte grasuie vir garnering
Verhit die olie in 'n swaarboompan, braai die uie en soetrissie tot sag en
deurskynend, ongeveer 5 minute. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai 'n
verdere minuut.
Voeg die kookwater, sout en peper en blatjang by, verhit tot kookpunt,
verlaag die hitte en laat 2 minute prut.
Pak die rou wors op die boom van 'n groterige oondskottel. Skep die
uiemengsel eweredig bo-op die wors. Rangskik die appelkooshelftes bo-oor die
wors en giet die sap oor.
Sprinkel die rys eweredig oor, plaas die deksel op en bak in 'n
voorverhitte oond by 200C (400F) vir ongeveer 45 minute of totdat die rys gaar
is. Strooi gekapte grasuie oor en sit warm voor.
++++++++++++++++++++++++
2 koppies rou aartappels (blokkies) 2
gekookte wortels (in blokkies gesny)
I ui 2
koppies kookwater
4 eetlepels botter 1
teelepel suiker
2 koppies melk 1
eetlepel meelblom
1 teelepel sout peper
na smaak
Maal die ui en braai in helfte van botter totdat dit 'n ligte goudkleur
het.
Voeg aartappels en kookwater by en kook vir 15 minute of totdat die
aartappels sag is.
Meng meelblom met res van botter. Voeg die wortels, melk en meelblom by en
kook vir 5 minute totdat dit dik is.
Bedien met gekapte pietersielie.
++++++++++++++++++++++++
2 pk tennisbeskuitjies 1
x 250 g margarien (gesmelt)
1 blik gekookte kondensmelk 1
pk versiersuiker
1 eetl koffie – ekstrak 1
eetl vanielje
Okkerneute
Meng alles saam behalwe beskuitjies & okkerneute. Breek beskuitjies in.
Druk vas in gesmeerde bak. Strooi gekapte okkerneute oor en plaas in yskas.
Wanneer gestol, sny in blokkies. Die koekies kan lank gebêre word.
++++++++++++++++++++++++
Hierdie is 'n staatmaker
350g (625ml) Bruismeel 7ml
bakpoeier
1ml sout 125g
botter of margarien
250g (325ml) suiker 4
eiers
Stel oond op 200C (400F) en smeer twee bakpanne van 18 x 28 x 3cm. Sif
bruismeel, bakpoeier en sout saam. Klop botter en suiker tot romerig. Klop
eiers een vir een by bottermensel en meng goed na elke byvoeging. Voeg gesifde bestanddele
bietjiesgewys by en roer tot alles net gemeng is. Skep in panne, maak gelyk en
bak 15 - 20 minute. Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Sny in blokkies van sowat 3 x 3cm.
Stroop
375ml kookwater 600g
(750ml) suiker
1ml sout 15g
(30ml) kakao
15g (15ml botter of margarien 5ml
vanieljegeursel
400g (5 x 250ml) klapper
Meng kookwater, suiker, sout en kakao in 'n dubbel kastrol, oor kookwater.
Doop koekblokkies vinnig in stroop en sorg dat al sy vier sye bedek is. Rol in klapper en plaas op draadrak. Hou in koelkas.
Lewer 8-9 dosyn
++++++++++++++++++++++++
Laagkoek
1 koppie melk 4
eiers
Strooisuiker 1
teelepel vanilla
4 teelepels bakpoeier 125
gram botter
1 ½ koppie 2
koppies koekmeel
1 eetlepel meelblom
Kook melk en botter en laat afkoel. Klits eiers met strooisuiker en
vanilla. Sif koekmeel en sout 3 keer. Meng bakpoeier met meelblom. Meng eiers
met koekmeel. Voeg melk by en roer bakpoeier laaste by. Bak 25 minute by 200 C.
Stroop
2 koppies suiker ¾
koppie water
4 teelepels kakao knippie
sout
Kook alles vir 3 minute. Hou warm. Gooi oor stukke koek. Rol in klapper.
++++++++++++++++++++++++